Word vermis!
28th May 2008 • Related • Filed Under
As gereelde besoeker by Jasper se Griffegids, is ek baie bekommerd oor die skielike stilte daar op sy werf. Sonder taal of tyding het hy net verdwyn. Gewoontlik sê iemand as hulle met vakansie gaan. Ek weet daar word nie baie gewerk op Jasper se werf nie, maar lyk asof daar ook noe meer geblok word nie.
So as iemand iets weet waar die man hom bevind laat weet asseblief.







Comment by Netjane on 28 May 2008:
Rustig, ek onthou iets van werk in die DRC…
Comment by Rustig on 28 May 2008:
Genade! Wat gaan hy daar in die bosse maak?
Comment by Wipneus on 28 May 2008:
Rustig jy sal nie glo nie, die man het besluit om te gaan werk, hy kom die einde van die maand êrens terug. Sy geld was seker klaar.
Comment by Rustig on 28 May 2008:
Jasper gaan vir ons met die klippe gooi oor ons so met hom gekskeer.
Comment by Wipneus on 28 May 2008:
Rustig Ha ha ek het aan dieselfde ding gedink. Toe vee ek liewers die helfte van my boodskap uit… maar dit het gegaan oor willie werke ens ens…… Sorry Jas ons belowe ons sal nie weer nie. Volgende keer moet jy ons miskien elkeen spesiaal kom groet voor jy vertrek.
Comment by Emil on 28 May 2008:
Gevaarlike plek.
Hy’s net so vermis soos julle op Facebook! Is julle daar?
Comment by Rustig on 28 May 2008:
Ek is op facebook en skype en twitter en “Busty Babes” website, Emil. Jy moet net soek onder my regte naam.
Comment by demoerin on 29 May 2008:
Jinne, maar die mense is besig…sal erken ek skype ook en facebook(as ek onthou)..ai, daat wag seker nou weer 1000 notifications! Wonner ook wat van Jasper geowrd het, lyk my die shop-site hou hom baie besig!
Comment by Rustig on 29 May 2008:
Demoerin: Om winkel te speel is nie sommer vir kinders nie.
Facebook, het ek alles afgeskakel, gaan loer net so elke derde dag. Vind dit is ook maar bra vervelig soms.
Comment by Emil on 30 May 2008:
Ja vervelig beslis - maar nice om die netwerk van kennisse aan die gang te hou.
Sou graag wil soek, rustig, maar jou regte naame ken ek nie. Soek maar my, ek’s die skuba duiker. Laat my dink - ek duik so gereeld en het nog nooit ‘n post daaroor gedoen nie.
Comment by Rustig on 30 May 2008:
Ek het dan vir jou email gestuur om nader kennis te maak. Het ook so bietjie geduik in my “jong dae” tot die “snowboard” gogga gebyt het. Sal jou opsoek op Facebook.