Wie gee jou die reg?

Ek het vanoggend so draai gaan maak op Bosparra en Emil se pos gelees. Soos gewoontlik moes ek dit twee keer deur lees net om al die “hoge” woorde te verstaan. Die probleem begin met die kommentaar wat gelewer word op die pos. Dit is ongelooflik hoe mense se karakter na vore kom in net ‘n paar woorde. Dan besef ek hoekom Suid Afrika is soos dit is. Dit het nie gister begin nie. Dit kom al ‘n geruime tyd aan en is volgens my ‘n mentaliteit onder die sogenaamde “Afrikaner” wat al die jare onder die Nationale Party “genuture” was. Ek kan sommer van die mense visualiseer wat met die belaglikste kommentaar na vore kom. Het hy nou skielik ‘n rassis geword net dat hy nou die land gaan verlaat en iewers anders ‘n heenkome soek vir sy familie? Ek sien ook geen rede hoekom ‘n persoon moet bly op ‘n plek as sy ondervinding en opleiding nie gebruik word nie. Ek self is ook een van daardie wat weg is omdat my eie “blanke Afrikaner” landsgenote liewer iemand van oorsee aangestel het as vir my. Ek was gelukkig dat my ouers my ondersteun het om my heenkome op ander plek te soek.


Dit is nie lekker om alles op te gee en te verhuis na ander land. Dit is nie lekker om jou familie en vriende agter te laat nie, maar einde van die dag doen jy dit vir jouself en eie behoud. Ek spyt? Nooit nie! Spyt dat ek dalk nie beter voorbereid was nie en nie eerder gegaan het nie. Terugkeer? Dalk, en geen “voet in die bos” Afrikaner gaan vir my sê of ek mag of nie, al het ek ook 4 verskillende paspoorte. Die wat so baie te sê oor hoe”ex-Suid Afrikaners” die land sleg sê as hulle eers oor die water is moet liewer weer dink oor so ‘n stelling. Ek is nou al redelike tyd in Europa, wat my die meeste opgeval het gedurend my tyd in London is hoeveel van die “goed opgevoede” Afrikaner seuntjies en dogtertjies die land skade berokken met hulle optrede en soms ook ontkenning van hulle herkoms, gedurende hulle twee jaar “working holiday”. Hulle is wat soms stert tussen die bene huiswaarts keer met vroom gesiggies en niks wyser nie.

Al wat ek kan sê vir die wat graag wil trek vir beter toekoms vir hulle en hul gesinne: “Gaan!” Moenie dat ander vir julle probeer uitmaak en beskuldig van “yellow belly”, verraaier nie. Dink eerder wat jy vir jou kinders gaan sê hoekom jy hulle nie ’n geleentheid gegee het in ander land toe jy kon nie. Dit is ook nie net ryk mense wat kan trek nie. Enige persoon kan wat die wil het. Vir die wat agter bly. Dit is ook goed. Niemand verwyt julle nie, dit gee jou nog steeds nie die reg om ander te kritiseer oor hul besluite nie of om hom te gun om terug te keer indien so verkies.

Emil ek wens jou alle sterkte en sukses toe vir jou groot stap wat jy neem. As jy hulp nodig het om die kameel te pak, bel ek help graag.

There Are 8 Responses So Far. »

  1. Ek stem saam met jou.

  2. Dankie. En dankie.
    Al leer my eie verdraagsaamheidsbeginsel my om hierdie dinge oor my kop te laat gaan, gaan ek wel ‘n reaksie vir bosparra skryf - iets soos my stuk uit die donker. Wat jy het dit beslis korrek: wie gee jou die reg?

    Slapgat? Ek sukkel erg met daardie beskuldiging van Ricky Louw - en ‘n reaksies moet volg.

    Dankie. En dankie. Ek vind troos in die feit dat die meeste mense wat ek ken (persoonlik en virtueel) gelukkif oopkop oor hierdie aangeleenthede kan dink.

    Dankie - ek stem saam met jou.

  3. Jy is baie welkom, Emil! Ek is al gedaan met al die mense en hulle verwronge idieë van patriotisme en Afrikaner “sindroom”. Luister al vir 11 jaar na al die twak en dit raak net erger. Dit neem rugraat om te ontwortel en jou gesin weg te neem uit hulle omgewing.

  4. Hi Rustig

    Natuurlik moet Emil gaan. Wie gaan nou kanse by jou laat verbygaan. Dis belaglik. Dan Emil het ‘n gesin om aan te dink, elke man wil vir sy gesin die beste gee.

    Emil ek dink dis ‘n goeie besluit.
    Ek sal ook die kameel help pak ;)

    Mmmm jou site lyk baie nice! Ek gaan nou bietjie rondgrawe. Ek hoop nie die foto’s is weg nie :lol:

  5. Die foto gallery is eers verwyder. Dit is my volgende projekie. Ek gaan dit ook eers so bietjie van “facelift” gee. Ek spandeer so baie tyd onder “bonnet” van al die programme dat ek soms skoon vergeet van ander dinge.

  6. Hi Rustig ek sien jy het dit verwyder.
    Hierdie storie van jou gaan groot wees as jy klaar is!!

  7. Liewe land, net 2 dae van nie surf nie en ek mis ook alles!! Laat ek maar gou bietjie opvang werk hierso doen!

    Rustig, nou net nog n ding, daar by jou recent readers, kan ons nie ons eie ou prentjies opsit nie, en hoe sal ons dit doen?

  8. Zee: Ek neem aan jy praat van die MyBlogLog prentjies. Jy moet subscribe en dan kan jy prentjies opsit. So elke slag as jy op iemand se blog kuier dan verskyn jou gesiggie daar. Amper soos “gravatar” word net deur MyBlogLog gedoen.

Post a Response