All Posts Tagged With: "Afrikaans"

Wat nog…

Na stil week, wat selfs my gedagtes begin eggo het, is ek darem nou weer by. Die vlees was hier maar die gees het gaan wandel waar “angels fear to tread”. Nou is ek terug en niks slimmer nie. Ek het lekker gesels met Johan in London so oor alles en nog wat en niks in besonders.

Dit is seker nie baie mooi van my as mede Suid Afrikaner, veral ‘n Afrikaans sprekende een daar by, om Afrikaanse musiek te vermy nie. Tydens my vakansie in Suid Afrika het ek die moeite gedoen om so bietjie op te vang oor wat regtig aangaan op die Afrikaanse musiek “scene”. Nie sleg nie. Die name is regtig iets besonders, maar ongelukkig doen sommige van die musiek nie die naam “justice” nie. Die tieners in die familie het vir die oom nou mooi ingelig oor die Melktert Kommissie, Fokkof Polisiekar, Battery 9 en Snotkop. Dit het maar gesukkel om so uittreksel van almal te luister.

Wie kan onthou?

Luister eers voor jy verder lees.

Ek is…

2782214267_ef9e26a663 Voor ek begin met die poppe uit die “pram” gooi, wil ek net byvoorbaat onverskoning vra vir alle die ordentlike mense wat ook op universiteit was en hard gewerk het aan al hul kwalifikasies. Ek weet daar is baie van julle, want ek ken van julle persoonlik en die ander hopelike eendag.

Goue Klokkies en die Drie “Mechanics”.

Eendag, baie jare gelede, was daar ‘n blonde meisie met die naam van Goue Klokkies. Sy het langs die N7 gebly en by ‘n “truck stop” gewerk as kelnerin wat sy by haar ma Barbara Breë Borste ge-erf het. Goue Klokkies was nie sommer so dame nie, sy was ‘n besigheids vrou. Goed bedeeld en het seker gemaak haar “customers” verlaat haar “diner” met ‘n groot glimlag. Soos ‘n kat in ‘n room fabriek. Vandag was weer een van daardie stil dae langs die N7 wanneer son brand sewe soorte helle uit die teerpad brand en selfs die “lipstick” smelt op jou lippe en die “truckers” hou met ‘n spoed verby. Goue Klokkies het al begin wonder of die pienk crimpolene toppie en die “fake” leer mini nie dalk oor doen is en dat dit die gehalte ware wegsteek vir voornemende kopers of die “truckers” is almal gay vandag. Sy het later onder die Castrol GTX “sign” gaan staan met die hoop dat dit dalk beter sal gaan.

Lekker om tuis te wees?

Ek het nie ophou blog nie. Is nog in die rondte. Ongelukkig is ek die wenner van ‘n lekker vet griep dosis die afgelope paar dae. Voel soos ‘n 90 jarige oom wat met sy loopraam voor ‘n trein ingeloop het. So tussen die griep newels moet ek nog met mense “deal” wat nou ook nie die lewe makliker maak nie. As daar nou ‘n ding is wat my regtig grief is mense wat jou moet help, maar eers met die familie by die huis op sy selfoon praat en die dag se gebeure bespreek voor hulle jou help. Dit kom my voor dit is norm deesdae en dat niks snaaks is nie. Dan wanneer hulle jou eindtlik help, moet jy hoor dat hulle jou nie kan help nie en die persoon wat weet is siek vandag. Nou wil ek weet hoekom word dit ‘n “help desk” genoem? Hoekom maak hulle nie maar die “desk” toe nie?

Ek leef nog!

Na ‘n baie lang vlieg het ek darem tuis gekom en al die nodige dinge gedoen. Ek moet ongelukkig sê dat vlieg is ook nie meer ‘n plesier nie en kry die idieë dat die lugrederye baie afskeep om die gevleuelde yster voëls in die lug te hou. Is opsoek na nuwe lugredery. Enige voorstelle is welkom en nee Emil, Quatar  gaan nie die ding doen nie. Dinge verander baie in Suid Afrika en as mens net so een keer per jaar kom dan kom jy gou agter of iets verbeter of verswak het. Diens is een ding wat regtig nou nie vreeslik verbeter het nie. Banke maak sommer jou krediet kaarte toe omdat hulle voel jy moet weer aansoek doen volgens die nuwe wet. Eerste Nasionale Bank, baie dankie vir die brief wat julle vir my gestuur het om te sê julle gaan so maak! Ek het dit nie gekry nie. So julle kan julle kaarte druk waar ‘n feetjie hom nie met ‘n “tweezer” sal kan uithaal nie.

Van son is daar ook nie veel sprake in Kaap nie. Is seker gesteel! Behalwe al die twak is dit lekker om tuis tewees en die familie te geniet. So julle het verniet gedink ek hou die “comments” dop met my glas oë deur ‘n hout bril. Al wat nou voorlê is die Walvis Fees op Hermanus.

Demoerin: Ek het internet by die huis, verskaf deur my vriendelik Vodacom!