Sommer so…
Ek weet nie wat verkeerd is met my vandag, maar ek voel sommer so regtig krapperig. Sommer lus om ander mense se lewens om te krap. Plein gat krapperig. Ek weet dit is verkeerd, maar dit is so lekker! Dit het begin so Maandag se kant. Weet nie of dit die nar op Emil se blog was wat my so krapperig gemaak het, of ek dalk saam met “antie Wip” se “rant & rave” mee gevoer was of die nuwe werks kontrak wat ek moes teken nie. My moer man! Ek werk al amper ag jaar vir die man nou ewe skielik val die dom helle uit die lug met ‘n werks kontrak en sommer “fancy” titel ook. Natuurlik meer werk vir minder geld. Suinige ou donners. Ek gaan ook sommer trek! Dalk is dit die gewag vir my “Police Clearance Certificate” uit Suid Afrika? Wonder hoelank gaan Mama Patience neem om die ding uit te reik. “Mama, as jy hier lees, roer jou gat die Ierse regering wag vir die “dêm” ding.”
Al wat ek weet uit ondervinding is dat as ek so “mood” binne gaan dan is iets groots fout. Ek is geseënd met die vermoë om ‘n probleem kilometers ver te kan sien. Nee ek is ook nie met die “helm” gebore nie. Is net dat hierdie “feeling” my al menige tye gered het. Ek raak soms lagwekkend geniepsig as so krapperig voel. Wonder wat die “prof” sal sê?
Dalk is dit tyd vir stil raak en kyk waarheen ek eindtlik oppad is? Om eerlik te wees is ek al oppad na nêrens die afgelope 40 jaar. 41 een van dae. Ag wat, more is nog ‘n dag!







Comment by flippiefanus on 24 July 2008:
Ek ken die gevoel. Is nie met die helm gebore nie maar wel met “Wanderlust”. In my geval is dit vrek voorspelbaar. Anderdag ontdek ek tot my ontsteltenis dat groot verandering in my lewe gebeur het om en by elke skrikkeljaar. En 2008 is juis weer ‘n skrikkeljaar…
Comment by flippiefanus on 24 July 2008:
hoekom werk my avatar nie?
Comment by Emil on 24 July 2008:
Dit kom voor asof jou boude eerder juk
Comment by Rustig on 24 July 2008:
Ja Emil! Vir iemand wat my net in die “vitual” wêreld ken is dit nogal baie akuraat. Ongelukkig moet ek so bietjie vasbyt. Redes sal wel later na vore kom. Die groot nagevolge van “wanderlust” is dat jy nooit ryk word nie.

Flippiefanie: Jy moet kyk dat jou email dieselfde is as die een wat jy gegee het toe jy geregistreer het. Ek het gisteraand so bietjie onder die “bonnet” gekrap om daai lelik blou “gravatar£ te verwyder in ruil vir die ou gesiggies.
Comment by demoerin on 24 July 2008:
Ja nee, lyk my ok jou gat jeuk. Die mense met hulle titels darem.
Betaal eerder vir die werk gedoen, ‘n titel gaan nie ‘n vliegtuigkaartjie kan koop nie. Daai pienk gesiggie van FF lyk soos ‘n werewolf smartie 
Comment by Rustig on 24 July 2008:
Ek moet erken as die “travel bug” gebyt het vrek hy nie sommer nie.
Lyk meer na hardlywig “smartie”.
Comment by Zee on 24 July 2008:
Praat so van boude…..
Comment by flippiefanus on 24 July 2008:
Goed kom ek toets en kyk of ek weer in ‘n gekonstipeerde smartie verander. Ek het nou seker gemaak die epos adres is dieselfde.
Comment by flippiefanus on 24 July 2008:
Nee dit moet iets anders wees
Comment by Rustig on 24 July 2008:
Nee man Fanie. Soms neem dit so tydtjie voor die ou Gravatar versprei. Jy sal ondersoek moet instel.
Comment by Rustig on 24 July 2008:
Wanneer het jy dan geregistreer by gravatar.com?
Comment by flippiefanus on 24 July 2008:
Weet jy ek is nie seker ek is daar geregistreer nie. Gebeur dit wanneer mens op WordPress registreer of moet mens dit apart doen?
Comment by Rustig on 24 July 2008:
Jy moet by gravatar.com registreer.
Comment by flippiefanus on 24 July 2008:
So leer mens.
Pingback by Die week in ‘n neutedop….. « Demoerin’s Klasak on 25 July 2008:
[...] oor hits begin gaan. Dit het so ‘n tsunami veroorsaak dat onbetrokke bloggers sommer hulle moere wou vloer. ‘n Ander rede kan dan natuurlik indifference wees? Ek het hierdie week egter [...]
Comment by DGS on 25 July 2008:
Hel, lyk my dit was orals ‘n krapperige week. Sterkte, Rustig! Dalk het ons almal net ‘n naweek nodig. Maar ek ken daai wanderlust-gevoel - en by my wen hy 99 uit ‘n honderd keer.
Comment by Rustig on 25 July 2008:
Soldaat, dit was maar “lelike” week. Was seker maar aan die broei vroeër al. Voel net dit is onnodig. Dit is verby en ek hoop dinge keer terug tot normaal.
agv die “wanderlust” dat na al die jare nog steeds “single” is. Weet net nie waarheen volgende. Dubai?
Comment by Wipneus on 25 July 2008:
Ek is so jammer maar ek is histeries aan die lag hierdie kant. Hierdie inskrywing is vir my vreeslik snaaks.
Dit word dadelik op my blog onder humoristiese inskrywings gelys.
Ek mag seker nie lag nie, maar nee regtig ek kan nie help nie. Ek is al na nêrens oppad vir 40 jaar whahahahahaha ROFL Jy praat nonsens, kyk hoe ver het jy al gekom!!
Ek stem die Suinige ou donners!!!
Uhm Rustig weet jy mense wat vooruit kan sien is gewoonlik met die helm gebore, as mens kilometers ver kan sien, dan is daar geen twyfel nie. Nee ou maat jy is verseker met die helm gebore.
Ek is ook krapperig….dis hoekom ek nou underground is
Lekker naweek
Geniet ‘n glasie van die beste!!
Comment by Rustig on 25 July 2008:
Hello Wipneus! Goed om jou weer te sien en te hoor. Ek gaan nie kommentaar lewer oor helm gebore ensovoorts nie. Daar is seker dinge waaroor ek baie sterk voel en vermy dit met alle mag. Bietjie lewensvoos op die oomblik.

“Underground”, het jy nou die molmense “ge-join”?
Comment by Wipneus on 25 July 2008:
Nee man moenie lewensvoos wees nie!! Kyk nou net jy gaan ‘n fancy titel kry, baie geluk!!
Een van die dae begin jy swot!! Bestel vir jou ‘n pizza en kyk ‘n mooi dvd!!
Ja ek het nou die molmense ge-join, dis beter… hulle mors met my karma
Ek hoop jy voel gou beter!
Ns:
Daardie feeling wat jy kry, is jou six sense, mens moet luister vir daardie ding!!
Comment by Rustig on 25 July 2008:
Mense moet nie verkeerde goed lees in die “lewensvoos” nie. Klaar pizza geëet en al my wyn opgedrink soos soet kind. Luister na Michael Junior se Musica e la Vita.
Comment by flippiefanus on 26 July 2008:
Dink nou net aan ‘n aanhaling uit die film “Out of Afica”: The Lord made the world round so that one cannot see too far ahead (of iets van die aard). Die lewe sou baie minder aangenaam gewees het as ons geweet het wat vir ons voorle.
Rustig ek hoop regtig dat die admin van jou Kanadese aansoek vinnig afgehandel gaan word. In watter deel van Kanada wil jy jouself gaan vestig?
(Ek sien ek is nou nie meer ‘n gekonstipeerde smartie nie.)
Comment by Rustig on 26 July 2008:
Flippie ek is bly jy het die “smartie” vervang. Ek het Noorde van BC en Alberta in gedagte. Sneeu en koue pla my nie so baie nie.
Comment by flippiefanus on 26 July 2008:
Pragtige wereld daai hoor ek. Was nognie self daar nie. Wel die Noorde van Alberta is waar hulle die oilsands projek aan die gang het. Ek hoor daar is maar bietjie besoedeling aan die gang daar. Maar tien teen een sal mens nie veel daarvan sien nie.
Comment by Rustig on 26 July 2008:
Ja het gister gelees daaroor. Ek kyk ook so bietjie rond by die Prince Edward Island. Lyk ook regtig mooi. Tyd sal wel leer.
Comment by flippiefanus on 26 July 2008:
Nou wat van plekke soos Ottawa, Montreal of Toronto, of hou jy nie van die groot stede nie?
Comment by Rustig on 26 July 2008:
Ek probeer stede vermy as dit moontlik is. Daar is ‘n maatskappy PTI Group wat nogal interesant lyk. Hulle doen ondersteunings dienste in die “oil sands” gebiede. Op die oomblik moet ek eers so bietjie vasbyt hier in Ierland.
Comment by Wipneus on 26 July 2008:
He he ek is baie bly dat jy toe die pizzza geëet het, en dit afgesluk het met jou bottel wyn!!! Mmmm en die mooiste musiek daarby. Die lewe is ‘n fees!!
Nee, regtig veral as jy so kuier by jou vriende op die blogs, met so glasie in die hand. Dis nag en alles is rustig en stil…. hemels vertel ek jou!!
Comment by Zee on 1 August 2008:
Rustig, wanneer is die birthday? Ons moet darem vir jou gelukwens jong!
Comment by Rustig on 1 August 2008:
Zee, sommer een van die dae. Sondag wat kom. Sommer vroeg in Augustus.
Comment by Zee on 1 August 2008:
Nou ja, dan begin ek solank koek bak vir Sondag!
Comment by Rustig on 1 August 2008:
Ek hou van Chocloate Koek met choc fudge icing. Asseblief nie daai gekookte kondensmelk karamel nie. Choc koek is heerlik vir ontbyt.