Malva Poeding Resep.

poeding Tannie Wip vam die buurplaas het gevra dat ek tog die resep gee. Nou ja ek weet almal kan seker die poeding maak. Dit is darem so Suid Afrikaans soos David Kramer so rooi velskoene. Die verskil is dat die een sommer in die mikrogolf oond gedoen word. Ongelukkig is ek geen mikrogolf “expert” nie, maar dit het baie goed uit gekom vir eerste probeer slag. Ek raai aan dat daar so oefenlopie geneem word voordat die familie oorgenooi word.

 

 

Margarien of Botter 65g
Suiker 250ml
Appelkoos Konfyt 15ml
Eier 1
Bruismeel 250ml
Koeksoda 5ml
Melk 250ml
Asyn 15ml

Sous:

Ingedampte Melk 250ml
Suiker 100ml
Water 125ml
  1. Room Margarien (Botter) en suiker en voeg botter by.
  2. Klits eier by en voeg Bruismeel by.
  3. Los Koeksoda in Melk op en voeg by.
  4. Voeg Asyn by en meng goed.
  5. Mikrogolf hoog vir 10-12minute.
  6. Sous: Voeg sous bestandele saam en roer oor matige hitte tot effens dik. Giet oor warmpoeding. Sit voor met vla, roomys of room.

Die mikrogolf tyd hang af van die sterkte van jou mikrogolf af, so ek neem aan ‘n mens moet dit maar aanpas. Die poeding is nie so bruin soos oond gebakte een nie. Baie lig van kleur. Help ook as mens bakke het wat gemaak is vir mikrogolf bak. Ek het so “knertsie” brandewyn saam met die sous gegoei. Net ingeval die water vol kieme was. Laat weet maar hoe dit afgeloop het. Dit het my omtrent 30 minute geneem van begin tot einde.

There Are 10 Responses So Far. »

  1. Dankie, dankie, dankie!!!!! :lol:

  2. :lol: Ek sal maar eers gewag het met die dankie. Bak en brou maar eers voor daar komplimente gegee word. As hy nie werk in mikrogolf, probeer in oond teen so 180C.

  3. Lyk lekker…. gaan dit ook bietjie probeer.
    Sondag word die Guiness broodjie weer gebak ;)

  4. Nou hoekom is ek nou ‘n monstertjie

  5. Ek sal nie weet nie Zee! Dit is dalk nou net nie jou dag vandag nie. Jy moet so foto of twee van die brood op jou blog sit sodat ek kan sien en vir die ander basaar tannies wys.

  6. Dankie! Die mense hier soek altyd ‘n eg SA dis. Ek sal dit probeer.
    Malvapoeding is darem maar bitterlekker met roomys, mmmm.

  7. Ek gaan hierdie ene een of ander tyd probeer. Ek hou nogal nou weer van ‘n mikrogolfoond. Gebruik mos minder energie, nie waar nie? ;-)

  8. Dis my ma se resep!!!!!!!!!! Ons hele huis vrek hieroor… OOOO Lekker!!!!! Daai Idealmelk sousie is ‘to die for’!

  9. [...] Rustig se mikrogolf malvapoeding resep is hier [...]

  10. [...] weet nou nie of jy vir ou Pumba in die yskas gaan vind nie, maar slaat maar ‘n lekker poedingtjie aanmekaar terwyl jy wonder oor die saak, en moenie die custard vergeet nie (blykbaar is getalle se [...]

Post a Response