Geniet die naweek!

Ek is so bietjie moeg! Die week was darem net te lank vir my. Het ook nie te veel gehad om te sê nie en niks besonders het gebeur in my omgewing of my lewe nie. Dalk die stilte voor die storm. In elk geval sterkte en alle sukses met wat julle ook al ingedagte het vir die naweek. Grassny, verf, braai, vrou help in die kombuis ensovoorts.

Ek beleef so bietjie van ‘n droogte met die gedagtes. Doktor het aanbeveel ‘n naweek op die rusbank en geen “stress” en goeie medisyne dan behoort ek teen Maandag weer beter te voel.

 

There Are 8 Responses So Far. »

  1. Hallo Rustig.

    Ek was baie lanklaas hier. Kry nie baie tyd om te blog nie. Maar dit was vir my lekker om weer hier te lees. Ek vat ook jou doktor se advies. Ek dink die rusbank terapie is net wat ek nodig het.

  2. Welkom terug. Ek was onder die indruk dat jy klaar was met blog. Ek sal weer moet gaan loer. Soms is dit net lekker om niks te doen en rustig te verkeer. Geniet die naweek!

  3. Ai, lyk my jou dokter het met n paar van ons gepraat ;)
    Geniet jou naweek…

    (Koop solank daardie vliegtuig kaartjie)

  4. Ek is net so poegaai. Die rusbank gaan beslis hard werk die naweek, maar ek dink darem ek gaan kyk of ek ‘n fliek kan inwerk more oggend.

  5. Flippie ek kan gelukkig fliek bestel via die sateliet kanaal. Spaar my om op te staan en video winkel of bioskoop toe te loop. Nou moet ek net iemand kry om my so af en toe om te rol.
    :)

  6. LOL. As ek DSTV gehad het sou ek seker ook ‘n keuse van flieks op die TV kon kyk. Maar dit hou nog vir my ‘n seker bekoring in om party flieks in die teater te sien. Dis veral as die fliek skouspelagtige scenery het.

  7. Ek wens ek kon ook! Stuur vir my ook bietjie rustigheid! Lekker naweek vir jou!

  8. Sjoe Rustig…. dit klink net wat ek nodig het.
    Ek hou baie van die pic’s.

    :lol: @ Rustig iemand moet jou af en toe omrol!!!

    Geniet dit op die rusbank ;)

Post a Response