Gaan ons dit toelaat?

Hoe is dit dat die “nastiness” nie wil weggaan in die ou klein “blog suburbia” waarin ons leef nie? Besef mense nie dat die Afrikaanse blog wêreld maar klein is in vergelyking met ander. Die gedurige katterigheid en selfs aanval op die persoonlike doen niemand ‘n guns nie. As ek so rond toer op die blogs dan bly dit maar ‘n doring in die vlees. Wanneer gaan mense dan nou groot word en besef dat ons hoef nie altyd saam te stem met alles en almal nie. Genade dink jou in as ons almal van vanille roomys gehou het!


Watse punt bereik jy nou om iemand te vloek en sleg te sê? Behalwe om vir die wêreld te wys hoe “kommin” en swak opgevoed jy is. Ek wil my nie in dink watse voorbeeld jy vir jou kinders stel nie? Die doel van ‘n persoonlike blog is tog seker om plesier te hê en ons gedagtes, hoe reg of verkeerd, aan die wêreld te verkondig in ons eie woorde. Ons laat ook toe dat iemand kan kommentaar lewer en selfs kritiek. Wat is dan nou lekkerder as so geselsie oor dinge waaroor ons verskil en seker nooit sal oor saamstem. As jy wat so ongeskik raak, begin vloek en mense sleg sê op ‘n blog, omdat jy nie saam stem, vrees ek vir jou optrede in die openbaar.

Sover is ek darem nog die drama gespaar, behalwe vir die een of twee keer wat ek sleg gesê is op iemand anders se werf. Moet ons regtig toelaat dat die paar buffels ons “bully” met die hoop dat ons verdwyn? Hulle was en sal altyd daar wees en hoe meer ons ingee, hoe langer gaan hulle daar bly. Dieselfde geld vir die paar wat ander se identiteite steel en hul naam te probeer beswadder. Dit moet vreeslik wees om so min van jouself te dink dat jy gedurig moet voorgee om iemand anders te wees. Ek vind die beste in die lewe is om sulke mense te vermy. Konsentreer op die wat regtig saak maak in die lewe. Ons weet mos almal wie en wat ons is, geen rede om onsself te verduidelik aan ander. Moenie ophou blog oor ongemanierdheid nie, jy ontsê jouself ‘n plesier en ook ‘n kuier plek vir die meerderheid.

Ek glo nie daaraan om mense te “moderate” nie, ek doen dit net as daar skakels is. Kry genoeg spam. Ek sal van jou ontslae raak as jy ongeskik en persoonlik raak op my werf. Ek laat nie eers jou tipe toe in my huis nie, hoekom sal ek jou toelaat om ander op my blog te beledig. Kry koers!

Moet ons toelaat dat hierdie karakterlose persone ons oorwin?

There Are 17 Responses So Far. »

  1. Soos ek elder genoem het, dink ek dat mens maar moet aanvaar dat daar altyd ongure elemente gaan wees. Die vraag is wat is die beste manier om sulke ungure elemente te hanteer? Help dit om gal af te gaan en hulle sleg te se^? Nee ek dink nie so nie want al wat dan gebeur is dat die hele bespreking ontaard in oor en weer beledigings. Ek dink nie dis waaroor blogging gaan nie. Dus stel ek voor dat mens sulke elemente gewoon ignoreer.

  2. Ek is nou op daai DILLIGAF stadium. Go with the flow. Gelukkig kan ek dit baie goed regkry, seker maar omdat my keuse respek vir ander is.

  3. Ek kan my gewoontlik af vee aan al die ou “knolle” en hulle simpel dinge, ek voel tog jammer vir die wat dit persoonlik opneem. Ons is nie almal so gemaklik dat dit is soos water op ‘n eend se rug nie. Sommige neem dit baie ernstig op.

  4. Kan iemand my dalk net presies vertel waar die katterigheid plaasgevind het? Ek was die heelweek nog te besig om baie blogs te lees, so ek het nie ‘n cluuuueee waarvan almal praat nie.

    Toe, gee my die juicy details ;)

  5. Johan op hele paar plekke. Hopelik kom alles weer tot ruste. Soms is die jakkals maar tussen die hoenders.
    :lol:

  6. Johan, deel van die plesier van blogging is om self die avonture op te soek :wink:

  7. Rustig, gelukkig was ek dit ook nog gespaar. Ek het my weerhou om op ander blogs daaroor kommentaar te lewer maar vandag se ek jou het ek lekker rooi gesien toe Shade of so iemand vir Wip aangevat het. Liewe land, het hierdie mense nie n lewe nie.

    Dit is soos jy se, jy sal sulke taal en mense nie in jou huis toelaat nie, kan hulle nie verstaan dat hulle hulle naam self lekker met n plank slaan nie (al is dit nou onder n skuilnaam, en nogal 4 alias as ek dit nou reg het sal seker meer word soos mense die IP addy gaan opsoek - Dankie Emil, dit was nou slim van jou!)

  8. Hi Rustig

    Ek kan alles hanteer en ja, mens moet seker iemand ignoreer, maar daardie persoon het ook ons e pos gehack, hy het ons (Emil, Zee en myself) Vrydag gedreig dat hy ons bloggers se persoonlike e pos bv. daar sal kom “paste” ens ens. Hulle mors en vernietig die laaste tyd sommer ‘n hele blog op. Ek het al die persoon se kommentaar besonderhede op my blog gaan paste, en kan jy glo dis toe dieselfde een wat ook by Emil sulke walglike boodskappe gelos het!!! Dis in elk geval omdat die mens nie Emil se inskrywings verstaan nie! Ons sal die arme siele nooit daarmee kan help nie. Of jy het dit of jy het dit nie. Siestog :roll:

    Nee ek kan verseker ook mense ignoreer, julle weet dat ek in elk geval nog altyd verby die soort van ding gehou het. Dit help nie altyd om te ignoreer nie, hulle kom soek jou. Al ken jy hulle van geen kant af nie. Dit sou my ook nogsteeds nie gepla het as hulle my ID en avatar gebruik het om bv net mee grappies te maak nie. Ek het hope humor, maar moenie my naam misbruik deur moeilikheid te gaan maak op ander blogs nie. Daar trek ek die streep.

    Ek gaan ook nie toelaat dat my blog vriende op my blog sleg gesê word nie. Ek is nie ‘n kind nie. As mense nie ordentlik met hulle skuilname kan blog nie dan verdwyn ek. Blog raak nou meer toeganklik vir almal, nou kom die probleme….. jy kort tog ‘n mate van volwassenheid, karakter, maniere en opvoeding om onder ‘n skuilnaam te kan speel. Duidelik is hier mense wat ‘n tekort het hieraan.

    Ek speel nou lekker by blogspot, uiteindelik het ek niks verloor nie, ek het vrede gewen!!!

    Johan die hele wêreld was die week in rep en roer!! Nee wat jy sal dit nie eers wil sien nie. Regte en ware mans hou hulle nie met sulke bollie op nie, hulle sien dit as tyd mors. Jy gaan net jou kop skud en verveeld lag vir hierdie “stupid” goed!!!! Ek belowe jou!

    Elk geval hierdie goedjies het ek nou in Noag se skippie gepak. Ek het aanbeweeg. Die lewe staan nie stil oor sulke hoop nonsens nie. Gelukkig is daar darem baie bloggers wat opgevoed is. Dankie tog daarvoor ander sou ek wraggies aan ontrekkings simptome begin lei het!! :lol:

    Ek gooi ‘n glasie wyn, en lees te lekker orals by my blog vriende.
    Die lewe is ‘n lied!!!

    Lekker naweek verder!

  9. Wippie ek is nuuskierig om te weet of daardie skurminkel werklik ingehack het in julle eposse in en of hy/sy maar net vir julle wou bang praat. Mens wonder watse motivering sit agter so mens se optrede? Wat probeer die skurk bereik?

    Rustig, ek hou nogal van daardie liedjie op die video. Dis mos Bittersweet Symphony van The Verve? Ek hoor hulle kry geen enkele royalties vir daardie liedjie nie oor ‘n geskil met die oorspronklike liedjieskrywers.

  10. Flippie ek kry ook die gedagte dat dit dalk net “scare tactics” is. Aan die ander kant kan mens nie dit baie ligtelik opneem nie, veral as daar sensitiewe data betrokke is. Het gisteraand op Sky ‘n dokumenter gesien oor hoe die misdaad styg in Britanje. Veral in die elektroniese gedeelte. Dit is ook algemeen bekend dat Britanje ‘n sagte mark is en ook die hoogste “identity fraud” het in EU. Ek neem Wip nie kwalik nie.

  11. Kom ons hoop hierdie week is beter en daar is niks bloed op die blogs nie.

  12. Flippie hierdie mense is deesdae ongelooflik slim met hierdie soort van ding. Ek het dit aan my gatsak gevoel. Hulle speel nie. Ek was ook nie al een wat skade gelei het nie. Nadat ek die heel naweek en vanoggend met bloggers gesels het, het ons tot ‘n besluit gekom dat ek wel my blog sal oopmaak omdat daar mense was wat gekla het, oor ek my blog op privaat gestel het. Ek was bang en versigtig, want ek weet nie meer nie wat om te dink en te glo nie. Die probleem is ek werk van my huis af en daar word daagliks e posse gestuur wat privaat is. Soos Rustig sê ons werk ook met sensitiewe data.

    Ek gaan ook die lelike kommentaar vir die oomblik daar los, sodat ek mense daarnatoe kan verwys sou ek kommentaar verwyder. Die probleem is een negatiewe kommentaar, ruk heeltemal hand uit. En mense word beledig wat dit glad nie verdien nie.

    Ek sal eers later vanmiddag of vanaand my blog oopmaak, maar my blog gaan ook eers baie stil wees. Die werk is nou bietjie baie!

    Roer ek hoop ook die blogs gaan die week weer na normaal terug keer.

  13. Wippie dis vir my baie goeie nuus dat jy weer jou blog sal oopmaak. Mense kannie toelaat dat sulke elemente veroorsaak dat mens nie meer kan doen wat mens geniet nie. Dan het hulle gewen. Uit die aard van die saak sal daar seker altyd sulke wanaangepasde mense wees in die samelewing. Maar mens moet ‘n manier kry om dit te hanteer.

    Ek voel die beste manier om dit te hanteer is om dit eenvoudig te ignoreer. Sodra mens agterkom dat een of ander persoon sulke uitlokkende stellings maak moet mens dit gewoon ignoreer asof dit nie daar is nie. Mens hoef nie die kommentaar uit te vee nie. Alhoewel ek sal dit dalk doen as ek voel dit raak te erg en afbrekend.

  14. Bloed! BLOOOEEDDDD!! NRAARRRGNGNGNGNNN!!!!

    (dit was ‘n grappie, mense…)

  15. Johan, jy sal dat ons jou vir die leeus voer :lol:

    Ek was bietjie besig en haal nou eers lekker al my leeswerk in, maar ek dink ook dat dit sommer nonsens is dat ons ordentlike bloggers moet voet in die wind slaan oor ‘n paar treiler-trash elemente.

    Ek dink ons moet eerder saamstaan en die helsems uitlig en ‘n les leer. Daar is tog maniere om hierdie mense te identifiseer!

  16. Sonkind hoekom kan ek nie jou nuwe blog gelaai kry nie? Is daar dalk iets wat jy aanvang daar? :-) Kan wees dat die probleem aan my kant is maar dit lyk nie asof ek met enige ander site probleme het nie.

  17. Ek is in dieslfde bootjie as Johan. Die week toe ek tydjie kry om te pos lees ek oral daar is ‘n herrie los maar het nie ‘n clue wat aangaan nie :???: What’s up? Is die skuldige party al gevang en hoe de hel het hy dit reg gekry om e-posse te hack? 1 is miskien moontlik, maar 3 verskillendes? Ek kan nie dink dat Zee, Wipneus en Emil se e-posse op dieselfde server gehost word nie (Dit sal darm erg toevallig wees) Dis effens rof Hoekom het julle nog nie sy IP address getrace om meer informasie te kry en die siel aanhandig te maak by Wordpress om hom te blok nie??

    As sy IP geblok is sal hy nie weer die geleentheid kry om strond op enige blok kwyt te raak nie…

Post a Response