Ek is…
Voor ek begin met die poppe uit die “pram” gooi, wil ek net byvoorbaat onverskoning vra vir alle die ordentlike mense wat ook op universiteit was en hard gewerk het aan al hul kwalifikasies. Ek weet daar is baie van julle, want ek ken van julle persoonlik en die ander hopelike eendag.
Nou wonder sommige seker waaroor alles gaan. Ek is nou so bevoeterd dat ek self ook nie eers kan onthou waaroor nie. Wat is dit met mense wat die oomblik as hulle op Yale, Oxford, Stellenbosch, Noordwes of watter universiteit ookal was, met een moerse graad of kwalifikasie agter die rug, dan dink hulle dat die res van die wêreld is die gelyke van ‘n enkelsel organisme. Genade mense, ek wou nie universiteit toe gaan nie. Ek het die geleentheid gehad en was ook goed gekeur toe ek anders beluit het. Ja ek het nie graad nie, so wat de moer maak dit nou saak. En dan die vermetelheid het om te sê mens kan slegs die woord professioneel gebruik as jy op universiteit was. Toe ek nou vra om proffesioneel te definieer, toe sit ta met bek vol tande. Dit verbaas my keer op keer dat mense vriendelik is met jou, maar die oomblik wanneer hulle hoor wat jy doen of waar jy gestudeer het, as jy ooit het, dan verander die hele persoonlikheid en hulle kan nie gou genoeg weg nie. Is dit net hier in Suid Afrika waar mense so kleinlik en onopgevoed is? Ek is jammer as dit my 6 maande vat om die “Canterbury Tales” te lees en dat ek Dante se “Inferno” meer as een keer moet lees om net die inleiding te verstaan.
So as daar van julle arrogante klomp nog daar rond is wat ek dalk nog nie ontmoet het nie, doen my ‘n guns en hou verby. Gaan molesteer iemand anders met jou ongeskikheid en proffesionele waansin.
ek is net wat ek is en gaan nie my voordoen vir wat ek nie is of wil wees nie.







Comment by Wipneus on 29 September 2008:
Sê hulle Rustig!!!
Ag dis sommer ‘n klomp nonsies! Dit laat my so dink aan die “I’m upper-class” snobs van jaaaare terug! Daardie stywe lip families. In watter buurt bly julle? Wat doen jou ma en pa?
Jy kan grade agter jou naam hê, maar as jy onopgevoed en ongemanierd is dan is jy ook maar eindelik niks in my oë nie. En ek hou verby!
Styl wat volgens my jou manier van optrede is, kan nie met ‘n graad of geld verkry word nie.
Word ek ook nou sommer opgewerk!!
Comment by Johan Swarts on 30 September 2008:
Daai neus in die lug houding het my vir ‘n kort tydjie in my eerstejaar beetgehad, maar ek het gelukkig vinnig besef hoe belaglik dit eintlik is.
Ek stem - ‘n graad is ‘n stuk papier. Dit help nie jy het baie papiere en die wêreld lyk steeds dieselfde nie.
Comment by Arne on 30 September 2008:
Presies!!!
Ek was op universiteit, vir 2 jaar en het opgeskop, net omdat dit my verveel het
lol - maar ja - en die korporatiewe wereld is sommer ook heeltemal “Graad” bevange. As jy ‘n graad het is jy in die “in” groep.
Comment by demoerin on 30 September 2008:
Comment by Rustig on 30 September 2008:
Johan: Ek dink ons almal was al deur daardie tydelike fase van eerste jaar ongeag van wat en waar ons geleer het. Dit is deel van groot word. Dalk moet ek my nie so opwen oor sulke goed nie, maar gister was nou nie die dag nie. Ek twyfel of die persoon ook weer sal kom kuier.
My leerskool is die wêreld en al my reise. My Grafsteen is my Graad.
Comment by Zee on 30 September 2008:
/me koes.. vir my drie “MA” grade wat ek het.
Rustig, ek sien baie hier by my werk dat jy nou konsuis ‘n graad moet hê vir ‘n job, maar ai toggie tog…. nou moet ons hulle die werk nog leer ook en dan doen ek dit partykeer sommer myself as hulle nou konsuis nie die konsep kan verstaan nie. Die jonges vandag wil die pay hê maar nie die werk doen nie, net oor hulle ‘n graad het..
Sjoe, miskien moes ek eerder hier ‘n wag voor my mond gesit het.
Comment by Zee on 30 September 2008:
Toets
Comment by Zee on 30 September 2008:
Agge nee man Rustig, ek is ingeteken in WP, ek sit al my details hier by jou en nou bly ek ‘n monstertjie
Comment by Rustig on 30 September 2008:
Nee Tannie Zee! Ek sal nie weet nie. Ek weet net jy moet registreer by gravatar. Jy sal maar die experts moet inroep vir die een. Dalk een met ‘n graad of twee.

Dit is maar dieselfde by my in Ierland. Ek werk saam met bestuurders wat my kinders kon gewees het, maar van hulle werk weet hulle net mooi niks, maar ek moet luister want hulle is baas. Gelukkig dra ek nie die blaam as dinge verkeerd loop nie. En kan ek dinge “verkeerd” doen as die geleentheid hom voor doen.
Comment by Emil on 30 September 2008:
Ag moenie worry nie, Rustig. Ek het ook ‘n paar grade maar sukkel steeds nog met Dante en kon die “Tales” nog nooit klaar lees nie
Ek dink die persoon is uiters onprofessioneel
Comment by demoerin on 30 September 2008:
Slaan eerder vir jou ‘n magical groen feetjie aanmekaar as wat jy sit en tob oor onbenullige lawaaimakers.
Comment by Sammi on 30 September 2008:
Tog het jy ‘n werkspermit gekry. Ouboet se vriendin met haar M kon dit nie regkry in die Ukay nie. Wat sê dit? Daardie sertifikaat is dalk die sleutel, maar as mens eers in is en nie die goodies produseer nie, anyway…”Attitude, enthusiasm, knowledge, experience” ens is sekerlik baie meer gesog.
Wanneer vlieg jy?
Comment by Rustig on 30 September 2008:
Emil: Ja ek het sommer vir ‘n Savannah Lite gegooi net om weer goed te voel na die insident. Jy kom nie eindtlik voor as iemand wat met Dante kan stoei nie.
Demoerin: Ek hou maar verby die feetjie. Dalk ander dag.
Sammi: Is seker so, maar dit is tog elke jaar weer ‘n beaurokratiese drama om al die papiere te hernu. Ek werk vir iemand wat net wil weet of jy die werk kan doen of nie. Stel nie verder belang in al jou akademiese “conquests” nie.
Comment by flippiefanus on 30 September 2008:
Ja dis jammer dat mense so statusbewus kan wees. Hulle mis op die ou ent die hele punt. Deesdae gaan dit oor wie jy ken en nie meer wat jy weet nie. Mens moet jou werk kan doen en ‘n papiertjie se^ ongelukkig deesdae nie meer dat jy die kennis het om daardie werk te kan doen nie.
Comment by rosalind franklin on 30 September 2008:
Canterbury Tales” net ses maande? flip dis vinnig
Ek stem met jou ‘n graad gee nie aan ‘n mens insig nie.
Comment by Rustig on 30 September 2008:
Hoor ek sarkasme in daardie sin, Rosa?
Ek het jare gelede in Hillbrow ‘n film weergawe gesien van die Canterbury Tales. Was in so klein art cinema, wat gedurig onder die filmraad se wraak deur geloop het.
Comment by demoerin on 1 October 2008:
Comment by Annerkant on 1 October 2008:
Hi Rustig, enige iemand wat aanstellerig is en dit nodig vind om iets ekstern uit te haal om status te kry, is gewoonlik mense wat iets nodig het om waarde aan hulle self te gee. Maar mag ek die klip van die ander kant af ingooi? Ek het ook geswot, en met alle respek, sonder dat ek dit verdien, of veral sonder dat mense in die geselskap weet ek het geswot, moes ek al telkemale luister hoe ander aangaan oor mense wat geswot het, hoeveel hulle van hulle self dink en hoe min hulle eintlik weet. Ook nie regverdig nie.
Comment by Rustig on 1 October 2008:
Annerkant: Ek stem 100% met jou saam. Dit is waarom ek aan die begin onverskoning vra.
Dit is iets wat twee kante het. Ek het ook gestudeer, my punt was dat die persoon neerkyk op wat en waar jy studeer het en die kwalifikasie wat behaal was. Dit het so bietjie skeef uitgekom.
Comment by demoerin on 2 October 2008:
So waar Annerkant & Rustig, daai papiertjie met die stamp op verander absoluut niks aan jou as persoon nie, dit gee jou nie lewenskennis nie en dit maak jou definief ook nie ‘n interessanter persoon nie. Vir my was dit ‘n definitiewe kennis-tog, en die feit dat dit in my gekose rigting voorvereiste was, as ek kon sou ek dit geskip het want ek was nog altyd ‘n power student sover leer en eksamens aangaan. Die sad ding is dat daar mense is wat glo dit maak hulle beter….of dan beter as ander, en dit is die laaste rede wat enigiemand OOIT kan aanvoer om op ander neer te kyk.
Comment by rosalind franklin on 2 October 2008:
Nee my liewe Rustig, geen sarkasme nie, ek het nooit meer as tien bladsye van daai boek gelees nie. Dis pynlik. Miskien sal ek eendag weer probeer.
Ek sal nie sarkasties wees met jou nie, ek geniet jou blog, jy skrywes en dies meer. Anders sou ek nooit so baie hier kom eiers le het nie.
Gepraat van swot, ek sou graag nog verder wou swot destyds, maar my ouers het nie geld gehad nie. En die enigste rede is: Ek hou van dinge leer.
Comment by Rustig on 2 October 2008:
Rosalind ek trek sommer jou been!
Ek is ook nogal lief vir dinge leer en lees graag. Ek moes maar vir myself betaal en het Augustus 2008 my laaste gedeelte betaal van studie lening. Storie vir later datum. Nou leer ek alweer. So daar gaan die skuld alweer. 
Comment by flippiefanus on 2 October 2008:
So van studieskuld gepraat. As mens jou kaarte reg speel kan mens in die buiteland gaan studeer waar jou studie geld of deur die regering of deur die universiteit verskaf en gewaarborg word. Sodoende is daar geen studieskuld ter sprake nie. Mens leef nou wel nie baie luuks terwyl mens studeer nie.
Comment by Annerkant on 2 October 2008:
Jammer, Rustig, moes jou aanloop met meer aandag gelees het.
Te maklik om gou in te spring met ‘n mening.
Ek geniet jou blog!
Comment by Zee on 8 October 2008:
Ag dankie toggie, my prentjie is nie meer n monster nie. Leer jy nou so baie dat jy nie meer ietsie kan skrywe nie!!
Comment by flippiefanus on 9 October 2008:
Rustig hou jy lekker vakansie of iets?
Comment by boendoe on 21 October 2008:
Rustig, ek moet bieg. Ek is al maande ‘n roofleser hier, maar het nog nooit gecomment nie.
Maar hierdie is vir my so pyn-innie-gat onderwerp, ek moes net inloer en jou salueer!
Comment by Rustig on 21 October 2008:
Jy is baie welkom hier Boendoe! Rooflesers pla my nie. Die ergste van die onderwerp is, dat die tipe mense nie minder word in die lewe nie.
Comment by Tersia on 21 October 2008:
Wipneus, ek stem heeltemal saam!