Einde van lang naweek…

Jip, in my gedeelte van die wêreld is vandag ‘n openbare vakansiedag. Moenie vra wat hulle vier nie, al wat ek weet is dat ek nie hoef te werk nie. Die hele naweek niks gedoen nie. Gister het ek vir die eerste keer in baie maande ‘n “Sunday Lunch” gemaak. Drie moerse duur lams tjops en braai aartappels en nodige. Moerse duur, want ek kan net R120 een keer in ses maande betaal vir tjops. Seker net Netjane in Swede wat gaan duurder betaal vir tjops. Darem die tjops so bietjie op getooi met basil, olyfolie en mint. Toe maar die bottel Pinot Grigio aan gespreek en deel van die geselskap gemaak. Wie kan dan nou die wyn mis as Emil dan so kunstig raak oor die druif se sappies. Was darem produktief ook gewees. Rekenaar so “clean install” gegee en nou werk hy darem weer soos nuwe.

 

Vandag het ek myself ingeskryf as “online student” vir my Web Design kursus, gelukkig begin dit eers in September wanneer ek in Suid Afrika is vir vakansie. Weet nie of ek moet bly wees of nie. Ek moet ongelukkig bely dat ek nogal ‘n groot Abba aanhanger is, binne perke sal ek byvoeg. So die naweek het ek ‘n twee uur lange biografie gekyk op televisie oor Abba en alles wat hulle bereik het. Abba en “mirror balls” en disko gaan darem net hand aan hand. So ek sluit my lang naweek af met Abba.

There Are 6 Responses So Far. »

  1. “Ongelukkig bely”? Abba rules! Ek was ‘n fan nog lank voor ek Swede toe gekom het. Natuurlik het die Swede hulle pap gelag vir my uitspraak van die naam, maar nou ja! (Hulle spreek dit uit soos wat ons sal sê as mens iemand op jou rug dra (abba), as dit sin maak…)

  2. Ek is ook ‘n Abba fan.
    Klink of jy feeste gehad het met die tjoppies en wyn ;)

  3. Ek het ook altyd ABBA geniet, maar is nou nogal lus vir daardie tjoppies.

  4. Hi Riaan! Ja maar dit is duur dat ek nie eers die bene vir die hond wil gee nie. Bêre hulle maar in die yskas en lek hulle maar af so af en toe. ;)

  5. Netjane: Ons het geleer om Abba te sê soos die Engelse.

  6. Hmmm … ek …. hmmm … luister ook …. hmm … bietjie ABBA.

Post a Response