Dis nou eers genoeg!
Ek is nou so op van sukkel met Wordpress Themes en mense by die werk, dat ek eers vandag besef dat hier op die ou vaal “blokkie” gaan nie veel aan nie. Ek is nou al weke besig en kry steeds nie tema reg nie. as dit nie 10 pixels links is nie, dan moet dit 25 pixels regs. So ek het besluit voor ek a; wat breinsel is beskadig en my moer laat oor kook gaan ek sommer nou so bietjie “shop” op die internet vir iets. Ek is glad nie eers skaam nie, want hoeveel mense bou hul eie huise vandag?
So hou die staan plek dop. Die resepte word ook eers so bietjie op sy gesit, wil darem net dat julle mense eers die wat ek gegee het goed deur werk voor daar nuwes kom. Dit is nie net in Suid Afrika waar die meeste se lewenstyl verander is na Noag met al die water en sneeu nie. Hier in my geweste in Ierland reën dit ook sommer dat die water loop. Nie dat dit eindtlik snaaks is nie. Baie bly dat sommige mense weer terug is van die woestyn, ook seker weer genoeg leesstof om my verstand in ‘n ewige toestand van verwardheid in te jaag. Ek het nie die verwardheid nodig in die stadium nie, want ek soek nou al vir twee dae my koppie koffie by die werk. Ek weet dit is iewers in een van die “store rooms”.
Wel tot volgende keer en as ek dit nie mis het nie is daar al weer ‘n nuwe Wordpress oppad.
Groete,







Comment by Zee on 13 July 2008:
Ag jinne tog, wat sal jy nou so sukkel om koffie te soek…. Hier, kry vir jou ‘n lekker koppie stomende moerkoffie. Suiker?
Comment by demoerin on 14 July 2008:
Comment by Rustig on 14 July 2008:
Koppie koffie!
Comment by Pikkelik on 14 July 2008:
Ek sien uit na daai nuwe theme!! Gaan koop ‘n koppie koffie, baie minder werk!!!

Comment by Rustig on 14 July 2008:
Ongelukkig is die nuwe “theme” nie my eie nie. Sommer een van die rak af gekry. Is nou eers moeg van sukkel met “themes” en dinge.
Comment by Wipneus on 14 July 2008:
Nou voel ek nie so sleg nie, ek sien dit gaan by jou net so erg!! Mind-u ek het nog nie my koffie êrens vergeet nie, dis ‘n nuwe een!!
Het nog nie by die brood bak resep uitgekom nie!! Sal jou laat weet!
Comment by demoerin on 15 July 2008:
Hoop jy het darem teen die tyd al koffie opgespoor!
Comment by Rustig on 15 July 2008:
Ek sal dit seker kry as die plek skoon gemaak word. ek maak sommer vars elke oggend. Lekker expresso masjien by werk.
Comment by Emil on 15 July 2008:
Blogging moenie stress veroorsaak nie.
Comment by Rustig on 15 July 2008:
Emil: Ek stress nie. Raak net so bietjie gedaan as alles in die verstand uitwerk, maar die hande maak asof hulle dom is. So toe gaan koop ek ‘n WP Theme om te sien hoe die ding in die binnekant lyk. Alles behoort teen Sondag reg te wees. Ek stres so bietjie want ek is besig met my Ierse Burgerskap in die eenkant wat ook nader kom en mens weet nie hoe die klomp Iere se koppe altyd werk nie en om inligting en nodige “pampiere” by my mede burgers te kry is soos ambeie soek in ‘n mier se hol.