Die wa gaan nêrens!
Na vanaand het ek weereens besef dat ons as nasie dalk nooit sal vernader nie. As ek praat van nasie dan bedoel ek veral die Afrikaans sprekendes. Ek en jy wat hier kan lees. Ek is regtig bietjie moeg van elke dag lees oor al die sleg en twak wat in Suid Afrika gebeur. Is seker maklik vir my om hier in die vreemde te sit en klippe te gooi. Die hele week al lees ek op die meeste blogs net negatiewe goed! Moet saam met party stem dat dit is nou regtig nie sonskyn en rose, maar my liewe genade, dit is ook nie einde van die verdomde wêreld nie. Ons leef, ons het kos om te eet en nog dalk genoeg om vir iemand anders ook af te staan. Intussen het sommige van ons ook net mooi niks verander in die laaste 15 jaar nie. Sommige dink nog steeds die Broederbond en sy gat “gabbas” is aan bewind en besluit namens die volk. Wel “I have news for you”! Dit is verby! Word groot en trek jou vinger uit jou neus uit en doen iets. Ek is groot gemaak dat daar is net twee maniere om iets te doen as die ”pawpaw” die “fan” tref. Jy sit in die hoek en huil en kerm of jy doen iets na die beste van jou vermoe. Watter een is ek en jy? Na ek Johan se pos gelees het, (Sorry Johan niks negatief teenoor jou nie) besef ek dat ons ook nooit iewers gaan kom nie. Ons het nog niks verander sedert die Voortrekkers die land ingeneuk het nie. Al wat ons kan doen in Suid Afrika is om mense skelname toe tevoeg om onsself goed te laat voel. Met vryheid van spraak kom ook groot verantwoordelikheid. Wie gee ons die reg om mense hulle waardigheid te ontneem.
Ag genade nou ek is ook sommer te beneuk om verder te skryf.







Comment by Wipneus on 3 June 2008:
Ek stem 100 % saam met jou Rustig.
Comment by Zee on 4 June 2008:
Rustig, ai, ek het in die laaste week darem maar so baie gesien hoe mense se waardigheid ontneem word. Sien Sonkind het ook daaroor geskryf vandag. Dit is regtig sad!
Comment by Jaco on 4 June 2008:
Sonder om nou te oor-vereenvoudig dink ek “ons” synde Afrikaanssprekendes se probleem lê op 2 fronte.
Eerstens ly meeste van ons aan erge vervolgingswaan sedert ‘94. They are all out to get us you know!
Tweedens word nie negatiewe daagliks in jou keel af-forseer deur die media omdat dit sensasie is en koerante verkoop. Dit word daagliks moeiliker om jouself onder uit die gat te sleep en nie tonnelvisie te kry nie.
Ek sê geensins dat enige van bg. as verskoning gebruik moet word nie, maar eerder dat dit deels die rede kan wees hoekom blogs (en die mense daaragter) oorwegend negatief is.
Comment by Rustig on 4 June 2008:
Jaco: Alhoewel ek uit familie kom van byde tale beskou ek my as Afrikaans sprekemde. Ek dink jy het ‘n punt beet daar. Hierdie Sannie Jammergat houding moet nou ook maar begin end kry. Uilspieel het gesê: “Die wêreld haat my, maar ek maak daarna.” Ek moes gisteraand na ek die pos gedoen het dit vinnig gou edit want die taal gebruik was bietjie kru.
Ek moet ook byvoeg dat ek verby die “guilt trip” is, ek gaan nie meer elke dag onverskoning vra vir alles wat verkeerd gedoen was in verlede. Ek stem saam met jou op jou twee punte. So bietjie positiewe denke en ‘n lag of twee is goed vir die liggaam en siel.
Comment by demoerin on 4 June 2008:
Rustig, weereens soos by Johan moet ons versigtig wees om te veralgemeen, en verder ook te vereenvoudig. Die probleem van Suid-Afrika is baie meer kompleks as ophou praat en iets doen. Dit gaan niks veriig as ons bv. almal ons haelgewere uitpluk en die ministers begin jag nie! Die probleem vir my hier is, dat daar ‘n totale misverstand onder die goverment is oor wat ‘n demokrasie nou eintlik is. En dit is een van die redes hoekom ek kla, ek het nie ‘n probleem as my taxgeld vir nuwe huise gaan nie, maar bou net die flippen huise voor al die geld in gatsakke verdwyn! Verder is dit nie maklik om jou blind te staar teen die moord en doodslag in die land nie. Dit is daar, en dit is ‘n realiteit en dit raak mense persoonlik. Glo my, my vriend…dit is moeilik om nie te kla en positief te bly as jy 3 jaar terug by jou verloofde se graf gestaan het, en twee weke terug saam met ‘n vriendin by ALBEI haar ouers se graf. Al drie koelbloedig vermoor. Maar weet jy, ek het geleer dat om te hoop en nog positief te bly, nie beteken ek staar my blind teen die realiteit nie, en wonder bo wonder het ek darem die middeweg gevind. Ek kan wel elke oggend opstaan en sien dat die son weer opkom, net jammer dat dit soms deur onweerswolke versteek word. Sjoe, ‘n hele mond vol, maar my beskeie opinie.
Comment by Rustig on 4 June 2008:
Demoerin: Dalk het ek so beitjie die verkeerde woorde gebruik. Dit gaan nie oor die verkeerde dinge in die land ignoreer nie. Dit was oor die woorde wat gebruik is om ander te beskryf. Ek is nie blind nie, ek is die eerste wat sal opstaan en sê dat demokrasie nou nie regtig Afrika se ideale manier van regeer is nie en gaan ook nie onverskoning vra vir dit nie. Ek dink ook die regering is onbevoeg en van nul en geen waarde nie. Familie vriend is ook tyd terug dood geskiet deur kaper, nie om sy voertuig te red nie maar sy vrou wat daarin was.
Dalk moet ons begin verby die velkleur kyk en die krimineel begin sien en nieof persoon eers swart of wit is voor ons daad sien nie. Bv Die Waterkloof vier is in my oe skuldig en moet betaal vir die daad wat hulle gedoen het. Dit skeel my min of hulle nout wit bevoorregte blanke seuntjies is of swart minder bevoorregtes van Soweto.
Dit is nie maklik nie, maar ek glo dat solank daar hoop is, is daar altyd iets om voor te leef.
Comment by Pikkelik on 4 June 2008:
Hoor-hoor, ons Suid-Afrikaners en ek sluit myself in is skeinheilige kasklimmers, wat liewer ons koppe toetrek en maak of al die ander die skuld moet kry vir al ons probleme… Maar en ‘n groot maar met meeste van die goed is ons hande afgekap, ons kan niks daaraan doen nie, maar deur opstokery gaan ons ook niks uitrig nie…
Comment by Rustig on 4 June 2008:
Pikkelik: Om klippe te gooi en vinger te wys, word ons soos die regering wat sy onvermoe wil wegsteek deur ander te blameer.
Comment by Wipneus on 4 June 2008:
Die blog lyk nie meer soos gister-aand nie???
(ha ha jy het afgekoel…)
Maar ek stem nogsteeds saam…en ek het nog nie afgekoel nie, ek bou nou eers “revs” op, ook maar altyd agter die tyd.
Ek en jy het lyk my gister-aand op dieselfde dinge afgekom…. hel dis negatief. Dis so kru om mense so af te kraak en te verneder.
As ons net meer “tollerance” (Prof Jung) ondermekaar kan hê, is dit al klaar ‘n begin.
Comment by demoerin on 4 June 2008:
Miskien het ek ook maar net raakgelees soos dit op my siening van pas is? Hoe ookal sy, ek sal volstaan by dei feit dat daar wel mense is wat verdraagsaam is en verby hierdie dinge kyk, bv velkleur, en dat daar wel mense is wat verdraagsaam is….en dat ek ook glo daar nog hoop is. En kom hell or high water, al moet ek die wa stoot as die osse gevrek het….gaan ons êrens kom!
Comment by Wipneus on 4 June 2008:
Demoerin hahaha baie positief…. wag ek kom help gou om die wa te trek…..
Comment by Netjane on 4 June 2008:
Miskien moet al die positiewe blogverslaafdes ‘n wa-trekkers vereeniging stig. Al behels dit net kak praat en wyn drink.
Comment by Rustig on 4 June 2008:
NEt die ding wat ons nodig het. Netjane ek stel jou sommer aan as voorsitster. Wipneus en ek sal die verversings komitee run. Emil sal sorg vir die droee kele. Die wat nie titel het nie kan sommer vir hulle een selfgee dan voel ons almal belangrik.
Comment by Wipneus on 4 June 2008:
Hoe lekker het hierdie blog uitgedraai….. daar is nog positiewe mense tussen ons. En as ons nie positief is nie, maak ons, onsself positief.
(Sjoe, hoe baie keer het ek nou positief getik, dit lyk horibaal)
Comment by Riaan Oosthuysen on 4 June 2008:
Rustig
Ek gaan heeltemal ‘n ander rigting inslaan. Ons wil te veel op die mens konsentreer. Ja ja, ek weet jy dink ek probeer alles nou te veel vergeestelik, maar ek glo dat God ‘n plan het vir Suid-Afrika. Ek gaan more of oormore ‘n opvolg skryf om my vorige inskrywings “Huis van geloof”. Ek gaan daarin so ‘n bietjie gesêls oor wat ek glo God se plan is om Suid-Afrika te verander.
Comment by Rustig on 4 June 2008:
Riaan ek gee glad nie om nie. Ek moet erken dat die ou wêreld is glad te humanisties deesdae. Jy is welkom om jou opinie te lig. Ons hoef onder geen omstandighede onverskoning te vra vir ons geloof nie.
Comment by BB on 5 June 2008:
Ek sal ook maar help stoot demoerin
Comment by Emil on 5 June 2008:
Ek is by en in! Verdraagsaamheid, wyn en positiewe uitkyk! My speelmaats.
Maar laat ons nie die realiteit vergeet nie. Misdaad is ‘n reuse probleem. Ek skryf nou al amper twee weke aan ‘n stuk wat ek by bosparra wil opsit, maar kry die ding net nie 100% nie - maar die essensie is dit: dat die ANC ‘n pyrrhic oorwinning behaal het, maw ‘n oorwinning met vernietigende gevolge. Ek speel nog rond met die werklik definisie daarvan in my realiteit - dalk word die stuk ‘n tweedelige sintese wat poog om ons huidige omstandighede te verdiskonteer. Wie weet? Watch this space.
Maar vir nou dink ek die ANC se strop op die nek, of die Engelse “bane” is hulle blindheid vir die groter prentjie en dat hulle hul vordering meet aan die verlede in plaas van kontemporêre kompetisie (soos Suid-Amerika, Zimbabwe en Kenia), en terselfdertyd kritiese investering in misdaad en opvoeding ignoreer. Te veel sielkundiges en te min ingenieurs! As ‘n mens so die huidige omstandighede beloer, dan is dit duidelik dat die gemengde sosialisties-kapitalistiese model van die ANC nie werk nie.
Wipneus, ek’s ook positief en die meeste mense wat ek ken is positief en dit maak ons almal positief sodat ons almal positief is.
Comment by Rustig on 5 June 2008:
Dink dit is baie goed vir ons gestelle om heeldag en aldag so negatief te kyk na alles nie. Tog moet ons ook die verkeerd raaksien. Dink dit probleem lê oor hoe ons dit bekyk en benader. Was maar bietjie moeg en beneuk toe ek dit geskryf het. Moes vinnig die vloek woorde verwyder.
Comment by Emil on 5 June 2008:
En jy mag, rustig. Ek het by bosparra ook ‘n woedende stuk gepost. Dalk het jy dit reeds gelees, maar hier is die link http://www.bosparra.com/uit-die-donker-put-%e2%80%93-a-momentary-lapse-of-reason
Ek dink ek moet dit by my ook post.
Comment by Rustig on 5 June 2008:
Onthou daai pos Emil, dit was my eerste pos wat ek gelees het van jou op jou blog as ek reg onthou. Ek kon sommer al die kwaad en teleurstellings voel. Ek kan nogal baie emosioneel raak as ek die dag moet.
Pingback by Die week in ‘n neutedop…. « Demoerin’s Klasak on 6 June 2008:
[...] die lyne te lees, maar niks om oor huis toe te skryf nie. Verder het die week eintlik ‘n heel positiewe ondertoon uitgestraal en kon jy op ‘n hele paar plekke bietjie daarvan [...]