In die “box”…

FireShot capture #1 - 'The Brown Corporation - Welcome' - www_thebrowncorporation_com Ek toer nogal baie rond op die net en het al redelike paar interessante dinge raak geloop, maar hierdie een is nog die beste vir my. Ek kan die konsep nie beter beskryf as “skyt in ‘n box” nie. Waar was die uitvindsel voor spoel toilette daar was?

Julle kan so bietjie verder gaan lees en sommer een bestel en so bietjie terug voering gee! Dit verstom my dat iemand aan so iets kon dink, en sal nie verbaas wees as hy/sy baie geld gaan maak.

The Brown Corporation - “name says it all”

Lekker naweek vir almal en iets om te bespreek rondom die braaivleis vuur!

There Are 7 Responses So Far. »

  1. Whaha Rustig!!

    Mense wat lief is vir kamp sal seker die bokse nuttig vind!! Ek is nie groot op kamp nie!

  2. Kyk, ek self is nie lief vir kamp nie. Ek is elk geval so maer dat my ribbes my opkuil van lê op die grond. Na die eerste klip wat onder my rug druk is my moer sommer net daar suur. Dan praat ek nie eers van ruik na “stroois” nie. Dit is hoekom ek ook nie lief is vir potjie kos nie. Bietje bederf ekke!

  3. Nee wat, ek dink ek het genoeg shit gehad vir die week…. Whahaha

    En is dit ons Birthday boy vandag?

    Baie geluk met jou verjaarsdag, mag jy net vorentoe kyk die volgende jaar en sakke vol geld maak!!

  4. Baie dankie Zee! Vorentoe kyk ja, maar van die geld maak weet ek nie so baie nie! Ek is gaan maar rustig vat vandag, more is mos vakansie by my.

  5. :lol: Sjoe, hopie die toilette het weggespoel en nou soek jy na alternatiewe nie? Hoop die b’day was great!

  6. Verjaardag was baie stil gewees! Ek is al verby verjaarsdag partytjies. Word nou net ouer op stil manier. Die toilet staan darem nog.

  7. Belated geluk wensing, Rustig. Hope jy het loads meer!

Post a Response