Afrikaner? Wie is jy?
Ek wou nog altyd die vraag gevra het! Ek kom uit half “naaitjie” familie. Een gedeelte is meerderheid Engels sprekend, ander gedeelte Afrikaans sprekend. Groot geword in Afrikaans sprekende omgewing en skool. My naam en van het soos ‘n seer toon uitgestaan tussen al die Van der Merwes, Bassons en Bothas. Ek is groot gemaak as Suid Afrikaner. Afrikaans sprekend wel, nooit Afrikaner nie.
Ek kry die idieë dat dit ‘n ding is wat veral in die laaste paar jaar sy kop uitgesteek het en ‘n soort obsessie geword het by sommige. Ek moet ongelukkig vanaand erken dat ek het regtig niks in gemeen met die Afrikaner nie. Ek leef nie vir volk en vaderland nie. Suid Afrikaner is ek wel!
Was Piet Retief ‘n Afrikaner? Andries Pretorius? Paul Kruger? Hendrik Verwoerd? Kon een van die mense regtig op staan en die titel vir hulle self eis? As daar iets soos ‘n Afrikaner is, omdat hy Afrikaans praat? Wat noem ons die Engels sprekende Suid Afrikaner?
Afrikaner? Wie is jy? Waar kom jy vandaan? Waarnatoe is jy oppad?







Comment by Sammi on 9 September 2008:
Klink asof jy ook op soek is na die GROOT antwoorde. As ek na Deon Opperman luister, sal hy vertel hy is trots Afrikaans, maw ‘n Afrikaner, nie Afrikaanse nie.
Daar is tog beslis ‘n kultuur tussen die volbloed Afrikaners, waarvan ek glo die NG-kerk ‘n besliste skakel uitmaak. Ekself het koue rillings gekry en trane het geloop toe ek vir die eerste keer Delarey luister en op You Tube kyk. Daar is iets baie sterk wat ons besit en koppel.
Comment by Rustig on 9 September 2008:
Goeie more Sammie! Ongelukkig het ek geen aanhang aan die Del la Rey liedtjie nie. Aan anderkant dink ek tog daar is baie oulike en kwaliteit Afrikaanse musiek. Dalk is dit ‘n groot vraag, tog sal ek baie graag wil weet of ons die Afrikaner kan definieer? NG Kerk beslis groot rol, dalk minder mate vandag.
Comment by Sammi on 9 September 2008:
Goeiemore Rustig
http://en.wikipedia.org/wiki/Afrikaner
LANK en baie ingewikkeld. As ek na ons geskiedenis kyk, lyk dit vir my as dit te warm in die kombuis raak, hardloop ons weg!
Probleem is, het ons nog ‘n identiteit wat klassifiseerbaar is?
Comment by demoerin on 9 September 2008:
Ek weet nie, dink tog die taal speel ‘n groot rol. Dit is maar vandag dat ons volskaalse Afrikaans praat, 100 jaar terug was dit maar nog ‘n groot Hollandse mengelmoes. Ek wil ‘n klip in die bos gooi….en sê dat die ongelooflike Afrikaanse volkstrots tog maar in ‘n groot mate deur kolonialisme aangewakker is. So deur die goud, diamante en oorloë deur…. fokkit ek klink soos Mugabe. Ek dink dit is maar so deur die dekades in families oorgedra. Ek kan as kind nog van laerskool die boertjie/soutie issues onthou. Ek kan egter wel sê, Ek is ‘n trotse Afrikaanse Afrikaner.
Comment by Sammi on 9 September 2008:
Ek hou van Demoerin se beskrywing, maak sin.
Ek het LAAANK geponder oor jou vraag, navorsing gaan doen en dit toe goed gedink om jou by my te probeer antwoord. Te lank.
Comment by Zee on 9 September 2008:
Ek is ook ‘n trotse Afrikaans sprekende Afrikaner wat in in die Suidelike deel van Afrika bly
Comment by Rustig on 9 September 2008:
Comment by Rustig on 9 September 2008:
Zee: Is daar so iets soos Engels sprekende Afrikaner?
Comment by ICE on 9 September 2008:
Het Afrikaner nie meer te doen met Afrika nie?
Gesien in die sin dat ons almal van SA, Suid-Afrikaners is.
Almal uit Afrika, onge-ag van kleur, of taal is tog Afrikaners.
Comment by Rustig on 9 September 2008:
ICE: Ek is nou nie veel van taal kenner nie. Op skool is ek geleer dat Afrikaan is iemand van Afrika. Dit is besig om tameletjie te word. Dalk kan Johan Swarts ons uithelp hier. Hy is mos taal guru!
Ek sukkel om my kop om die woord te kry.
Comment by ICE on 9 September 2008:
Dit kan ‘n tameletjie word…
Ek is al ‘n paar keer berispe en tereggewys oor my gebruik van die woord Safrica.
Maar nou ja…
Comment by flippiefanus on 9 September 2008:
Daar is definitief so iets soos ‘n Afrikaanse kultuur. Dis spesifiek die kultuur van mense wat Afrikaans praat in SA. Maar nou moet mens versigtig wees. Daar is ook die kleurlinge wat Afrikaans praat en hulle het ook definitief hulle eie kultuur. As ons dan van die mense met ‘n blanke Afrikaanse kultuur wil praat dan moet ons hulle ‘n naam kan gee en die voor die hand liggende naam is Afrikaner.
Ongelukkig word die naam met baie negatiewe dinge vereenselwig, dinge waarmee ek myself nie wil vereenselwig nie. Ek is seker so Afrikaans as wat mens kan kom. My van gaan terug tot by die Hugenote en onder my ma se voorsate tel AH Potgieter. Maar nogtans weet ek nie of ek myself vandag ‘n Afrikaner wil noem nie. Ek deel ook nie heeltemal alles aspekte van die Afrikaanse kultuur soos dit vandag in SA bestaan nie. Nee wat deesdae is ek liewer ‘n Kanadees.
Comment by Rustig on 9 September 2008:
Flippie: Met Afrikaans het ek nie probleem nie. Dit is net nog ‘n taal in ‘n land met vele tale. Dit is die terme Afrikaner. As die Bruinman Afrikaans praat is hy mos ook Afrikaner? Ek praat ook Afrikaans en dit is my eerste taal. Ek sien my as Afrikaans sprekende Suid Afrikaner. Soos die Frans sprekende Kanadees homself as “French Canadian” sien. Is soos jy sê dat daar is baie negatiewe konotasie aan die woord. Jy moet aan sekere vereistes voldoen om Afrikaner te wees. Is soos “nuwe” Ariese ras.

Dit raak nou regtig ingewikkeld.
Comment by flippiefanus on 9 September 2008:
Wel die Afrikaanse taal vorm ‘n belangrike deel van die kultuur maar daar is meer aan die kultuur as bloot net Afrikaans. Dis hoekom ek se^ dat die bruinmense ‘n ander eie kultuur het selfs al praat hulle Afrikaans.
Terloops in Kanada word ‘n “French Canadian” ook ‘n “Francophone” genoem. En aarde het daardie mense nou vir jou ‘n attitude! Mag ons Afrikaans sprekende SA’nrs tog nooit so word nie.
Wat die klomp vereistes betref om Afrikaner te wees kan hulle dit maar maan toe blaas. Ek glo in leef en laat leef. Laat elke ou tog nou maar doen wat hy wil.
Comment by Wipneus on 9 September 2008:
Julle het my nou so deurmekaar hier ek weet nie meer wat ek is nie. whahaha
Ek is dan maar net trots Suid Afrikaans!
Moenie alleen voel nie Rustig, my engelse van het ook vir baie trane gesorg in my skooldae, ek het soos ‘n seer toon uitgestaan
Ek rol hier rond van die lag toe ek die volgende kommentaar lees:
“Soos dit deesdae gaan op die Suid Afrikaanse Blog wêreld, is jy nie meer jou lewe veilig nie. Klaar lands verraaier omdat ek in buiteland woon, volgende is volks verraaier. Vuurpeleton?”
Ek het klaar weg gehardloop vir die vuurpeleton! Ek kruip weg, loer net so nou en dan om die deur! whahahaha
Comment by Rustig on 9 September 2008:
Hello Tannie Wip! Ek sal maar Saturdag “undercover” by Paspoort Beheer deur sluip net ingeval daar een of ander Ossewa Brandwag bende vir my wag! Moet sê ek self is ook nou verward met die Afrikaner storie. Nie dat dit baie vat om my verward te maak nie.

Comment by flippiefanus on 9 September 2008:
Rustig in watter area kom kuier jy?
Comment by Rustig on 9 September 2008:
Hoekom wil jy weet Flippie? Is jy besig om jou voorlaaier reg te kry?

Ek is Kapenaar so sal maar in Kaap omgewing rond sluip.
Comment by Wipneus on 9 September 2008:
Ek hoor dit reën erg in die Kaap (iemand het nou net op my ander blog vir my vertel!)
Moenie bekommerd wees nie, ek is gereeld saam met jou verward
Ek hoop jy gaan baie lekker vakansie hou!
Comment by flippiefanus on 10 September 2008:
Nee rustig gedog mens kan dalk ‘n koffie saam gaan drink. Maar die Kaap is bietjie ver vir my.
Comment by Rustig on 10 September 2008:
Flippie, my familie se ossewa se wiele was gesteel toe die mense uit die Kaap getrek het.
Comment by Zee on 10 September 2008:
Rustig, praat van deurmekaar, nou is my kop sommer inne spin hierso!
Ja, ek dink daar is Engels sprekende Afrikaners!
Mmm… plaas laat jy weet jy sluip so die land in, dan kon ek, jy en Wippie gou ‘n koffietjie gedrink het daar by ORT!!!
Comment by Rustig on 10 September 2008:
Zee, ek dink ek moet die pos verwyder. Ek is nou minder wys oor wie en wat die Afrikaner is as ‘n week terug. Dalk is dit soms beter om dinge te los soos dit is.

Wip, het geweet dat ek huiswaarts keer. Sy wou weer alleen kom kuier het. Bietjie gulsig as jy my vra!
Comment by Sammi on 10 September 2008:
Die storie loop (geleen by Rohan) dat ek ‘n Boer (nie ‘n boer wat boer nie) is, wat vir volk (die uitverkore wit volk hier onder aan die gatkant van Afrika) en vaderland (die uitverkore wit land hier aan die gatkant van Afrika) baklei. Ek beskerm ons teen die bose magte van die swart gevaar, teen kommunisme en teen enige iets anders wat nie die goedkeuring van die NG kerk dra nie.
Dis ek, die Boer, die Afrikaner!
Duideliker
?
Comment by Rustig on 10 September 2008:
As dit so is, dan het die Boer, Afrikaner, ongelukkig sy tyd gemors en deel hy dieselfde lot as die Dinosaur en die Dodo.

Comment by demoerin on 10 September 2008:
Nee man mense, nou confuss julle my ok. Afrikaans/Afrikaanse/Afrikaanssprekende(tov die taal), Afrikaner (Inwoner van Afrika)
Comment by Rustig on 10 September 2008:
Kan iemand net vir my sê, wat was die vraag nou weer?
Comment by Sammi on 10 September 2008:
Of ons as Afrikaners logies en beredeneerd iets deurdink?
Comment by Krista on 10 September 2008:
Hoe gaan die rympie: ek is ek en jy’s my gek?
Comment by flippiefanus on 10 September 2008:
Rustig
jy laat my altyd so lekker lag.
Ek het ‘n voorstel: kom ons dink nou maar ‘n nuwe naam in stede van Afrikaner/…/watookal uit en dan gee ons een of ander toekenning aan die een wat met die beste naam voorendag kom.
Comment by Rustig on 10 September 2008:
Dalk nie so slegte idieë nie. Ek sal so bietjie dink oor die saak.

Dwarstrekker is al wat ek nou kan aan dink.
Comment by Zee on 10 September 2008:
Ouma Wipneus
Comment by Wipneus on 10 September 2008:
Ek het niks gedoen nie Zee!!!
Ek kan mos nou nie help as ek gene van gulsigheid in my ronddra nie. Dit moet die Afrikaner gene wees, wat my alweer/nogsteeds in die moeilikheid laat beland. whahaha
Comment by Jasper on 11 September 2008:
Jasper is nie ‘n zulu of ‘n xosa of ‘n tswana nie…
Hy is Afrikaans sprekende afrikaner (Die term gecoin deur sy Europees afkomstige voorvaders om sy mense en kultuur te erken)Saam met die ander kultuur of etniese groepe is hy Suid Afrikaner of Suid Afrikaans oftewel “South African”
Comment by Johan Swarts on 12 September 2008:
Ek is ‘n Afrikaner, of ek nou daarvan hou of nie. Dit het my gekies. Of so dink ek. As ek nie dit het nie, het ek nie meer ‘n identiteit nie, behoort ek nie meer iewers nie. Ek kan my eie een probeer opbou van scratch af, maar dit sal nie so oud, so groots, so vol probleme, so ingewikkeld soos die een wees waarin ek gebore is nie.
Damn…
Comment by flippiefanus on 12 September 2008:
Dis waar my Afrikaanse kultuur definieer ook my identiteit. Nogtans voel ek nie dat as ek SA sou verlaat ek my identiteit hoef agter te laat nie. Waar ek ookal gaan sal ek myself aan ander aanbied as ‘n persoon met ‘n Afrikaanse kultuur en as hulle my so aanvaar dan sal ons so kan vriende wees.
Comment by rosalind franklin on 12 September 2008:
Ek wens ek het meer van ‘n Engelse invloed in my kinderdae gehad, mens leer die taal dan veel beter aan. Ek voel ook soos ‘n Suid-Afrikaner, en het respek vir die Afrikaner se verlede (my eie familie was in die ABO), maar ook insig vir sy foute (apartheid wat opvoeding verwoes het).
Ek wil aanbeweeg en ‘n Suid-Afrikaner wees, maar historiese feite van almal, alle groepe, moet bewaar word/erken word. So ook mense, almal, se regte.
Comment by sonkind on 12 September 2008:
Ek lees nou eers jy kom kuier. As jy lyfwagte soek vir die blogterroriste - laat maar net weet
In elk geval - van een half naatjie aan ‘n ander - welkom. Met ‘n Englese pa en ‘n Afrikaans/Ierse ma, sal ek ook maar net myself trots Suid-Afrikaans noem!
Comment by Johan de Vries on 13 September 2008:
Dis iets waaroor mens nogal mooi moet dink, want maak nie saak hoe jy dit antwoord nie, jy sal altyd iemand kry wat jou aanvat oor dit.
Ek loop nou al n paar dae en dink oor hoe om n comment op die post te los, so kom ons kyk of dit sin maak. Daar is n paar keuses, Boer, Afrikaner, Suid Afrkaner of African ………
Ek is nie n “Boer” nie, want ek het nie n plaas nie.
Ek is nie “Afrikaner” nie, want my daaglikese voertaal word al hoe meer Engels (alhoewel ek nog gereeld Afrikaans praat)
Kan ek se ek is “Suid Afrikaner” ?, nie eintlik nie want ek bly in Europe nou al vir die laaste 10 jaar (maar ek het nog n SA paspoort ……..)
So wat laat dit oor, African, ook nie, want my geskiedenis (groot ouma was n skot ?!) wys ek kom uit Europa uit.
So dit laat my dan wonder - Is ek n Afrikaans sprekende individual, met my een voet op die Afrika continent, een voet in Europa, wat nie heeltemal meer Suid Afrikaans is nie, maar ook nie Engels is nie ? (ja, met my b_llas wat in die water hang !)
Ek laat dit eers daar ……….
Comment by Sammi on 14 September 2008:
Rustig
Is jy al hier? Miskien kan jy na ‘n paar dae se goeie rus (slaap mos beter by die see) vir ons meer vertel.
Ek is ‘n Afrikaner wat Afrikaans grootgeword het. Dit beteken met tradisies soos Voortrekkers, Volkspele, NG Kerk, Die Stem en ‘n ho”e sin van die 10 gebooie.
Trots gestaan in hierdie land waar ons immers “home-grown” is.
Ek dink dit maak ons enig. Mense wat Afrikaans praat maar nie met die tradisies grootgeword het nie, praat dalk die taal maar kan hulself nie regtig Afrikaners noem nie. Afrikaanses dalk?
Dis my klip in die bos.
Comment by Emil on 15 September 2008:
Ek dink ek bly maar ‘n wêreldburger, met Suid-Afrikaanse paspoort. Wat is ek anders, met my (boere) Afrikaanse, Nederlandse, Indonesiese, Oosternrykse, Franse en Persiese bloed?
Of moet mens aan ‘n klub behoort?
Comment by demoerin on 15 September 2008:
Comment by Rustig on 17 September 2008:
Sammi: Ek is al hier en in een stuk. Hoë bloeddruk soos ek sukkel met die plaaslike polisie.
Emil: So mengelmoes is ‘n resep vir ‘n lewe met groot “issues”. Waar het jy dan gekrap om al die mense op te spoor?
Sonkind: Ek kon nie eers voortrekker word nie. Bloed was te onsuiwer en pa was nie Broederbonder.
Comment by Emil on 17 September 2008:
Blou bloed!
Comment by Rustig on 17 September 2008:
Blou bloed! Pasop! Kyk wat het gebeur met die Son Koning!
Pingback by Twee weke in ‘n kokosneutdop…. « Demoerin’s Klasak on 19 September 2008:
[...] ons begin deur so bietjie filosofies te raak die week. Afrikaan, Afrikaans, Afrikaner, Afrikaanse? Nog ‘n filosofiese vraagstuk hier te vinde, met kort op sy hakke synde die bewuste. As jy [...]